In 'n poging om al die probleme wat ons tans op die forum het op te los, gaan die webbouers diit na V-Bulletin (die sagteware waarop dit gebou is) se verstekverstellings verander. Weens diť veranderinge sal die forum anders vertoon en daar mag dalk Engelse instruksies en woorde verskyn, maar ons sal dit mettertyd weer regstel. Ons is egter hoopvol dat die aanpassings die forum weer op koers sal kry.

Announcement

Announcement Module
Collapse
No announcement yet.

kampplekke in die oos kaap

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • kampplekke in die oos kaap

    Hallo almal, hoop julle kan help - ons wil graag die oos-kaap verken die april vakansie, maar ken glad nie die gebied nie. wil graag naby/op strand kamp en verkieslik n swemstrand - 2 kinders. volgende vereiste is dat dit darem n netjiese en skoon kamp met skoon ablusies moet wees - enige voorstelle asb!

  • #2
    Re: kampplekke in die oos kaap

    Welkom op die Forum, Lolla.

    Jong, die Oos-Kaap lÍ wyd ... min of meer waar be-oog julle om heen te gaan?
    Eish ... ek soek hom, ek soek hom, ek kry hom ... hy's WEG!!!!

    Comment


    • #3
      Re: kampplekke in die oos kaap

      Hallo Footloose - ja jammer man - of port elizabeth self/omgewing of oos londen. ek sien daar baie om te doen/besigtig by beide plekke. hoor graag van jou!

      Comment


      • #4
        kampplekke in die oos kaap

        Hallo daar!! Ons het so klompie jare gelede heerlik gekamp by Rendezvous karrevaanpark by Chintsa Oos, hulle advertensies daardie tyd was maar dun en min, ons het geen idee gehad waarvoor ons ons inlaat nie maar dis n pragtig kleinerige park. Alles was altyd netjies en die swembad pragtig skoon. Elke staanplek het ook sy eie badkamer en skottelgoed hoekie. Dit was n lekker bederf. Daar was ook nogal baie gras en bome.
        Van daar kan jy nogal in n hele paar rigtings ry om dinge te verken. Ons het 15 dae gestaan en dit was nie te lank nie.
        Maar dit was omtrent 5 jaar gelede, ek hoop dinge is nog dieselfde!!
        Dis n pragtige omgewing daar! Jy mag dalk net besluit om nie weer huistoe te kom nie! Geniet dit!!

        Comment


        • #5
          Re: kampplekke in die oos kaap

          Bja dankie vir die terugvoer - dit klink soos my tipe vakansieplek! gaan def kyk wat ek op die web kry! indien ons besluit om te gaan - sal ek vir julle terugvoer stuur.

          Comment


          • #6
            Re: kampplekke in die oos kaap

            Hi, ek kan Morgansbaai aanbeveel, kleiner kampplek, netjiese ablusies, op die strand en veilige lagoon vir kleiner kinders. Ons geniet dit altyd daar, jy weet nie van die kids nie, hulle maak vinnig maatjies en ry met hulle fietsies rond terwyl ma en pa rustig om die vuur sit.

            Comment


            • #7
              Re: kampplekke in die oos kaap

              bja danki vir julle terugvoer - op n stadium nie geweet watter kant toe nie - maar begin nou al uitsien met die opsies wat gegee is - bja danki - sal na elkeen gaan kyk!

              Comment


              • #8
                Re: kampplekke in die oos kaap

                @ Lolla - Probeer die Willows Oord by Port Elizabeth, en die Cefane's oord buite Oos Londen.

                Comment


                • #9
                  Re: kampplekke in die oos kaap

                  danki - maak so

                  Comment


                  • #10
                    Re: kampplekke in die oos kaap

                    Morgans Bay, dit het alles wat jy na verneem, baie gewild oor die vakansies en langnaweke. Tik in 'Eastern Cape Caravan Parks" , en jy kry alles onder die son. Dan moet maar op die name besluit en Google maar , jy sal kry waarna jy soek.

                    Comment


                    • #11
                      Re: kampplekke in die oos kaap

                      Dis miskien effens te laat om by enige van ons uiters gewilde en mooiste kampplekke plek te kry.


                      Comment


                      • #12
                        Re: kampplekke in die oos kaap

                        Jeffrey's Baai karavaanpark - netjies en skoon en op die strand met swemplek nie ver weg van die park nie. Munisipale park en die tariewe is heel bekostigbaar.
                        'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

                        Comment

                        Working...
                        X