In 'n poging om al die probleme wat ons tans op die forum het op te los, gaan die webbouers diit na V-Bulletin (die sagteware waarop dit gebou is) se verstekverstellings verander. Weens diť veranderinge sal die forum anders vertoon en daar mag dalk Engelse instruksies en woorde verskyn, maar ons sal dit mettertyd weer regstel. Ons is egter hoopvol dat die aanpassings die forum weer op koers sal kry.

Announcement

Announcement Module
Collapse
No announcement yet.

Maak hom staan in die wind

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Maak hom staan in die wind

    Ek kamp al jare Desembermaand in die Punt in Mosselbaai (dis nou wanneer ek nie in die Wildtuin is nie...), en diegene wat al daar was in Desember weet die wind skrik vir niks nie, en om gebuigde pype en geskeurde tente te sien is nie snaaks nie. Verlede jaar het die wind 'n Exclusive tent van sy rygtou teen die dak afgeskeur....

    Een van die probleme is die toue wat gedurig uit die grond ruk, hier is 'n stukkie raad: Maak 'n stukkie tou van so 40 cm met lussies aan beide ente. Ryg die tou deur die tent se tou waar die tentpent gewoonlik kom. Gebruik nou 2 van die tentpenne, die wat soos 'n 7 lyk, en kap dit in deur die lussies van die 40cm tou. Wat nou gebeur is dat wanneer die wind ruk, die twee penne teen mekaar trek, en sodoende stywer klou in die grond.

    Ek gebruik nie stormstroppe nie, omdat dit die seil skaaf, en my tent is nog nooit omgewaai nie. Ek het ge-eksperimenteer deur die een tou op hierdie manier vas te maak, en die ander op die gewone manier, en die gewone een waai uit terwyl hierdie sit.

    Die ander ding wat ek doen is om 'n tou teen elke stutpaal af te span en op dieselfde manier met die lustoutjie aan die grond te anker, sodat elke stutpaal stewig staan.

    Hoop dit help. Ons kan nie dat wind ons vakansies in die wiele ry nie!
    Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

  • #2
    RE: 4de Gauteng Saamtrek (2) Bosfontein

    Ryno ek het ongelukkig klaar ander planne gemaak wat nie erge traffic behels vir die lang naweek. (Gaan bietjie tiete soek by my ma) My logistieke probleem met Flip is ook uit gesort so almal sal DV hulle items op die kamp kry.
    Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

    Comment


    • #3
      RE: Maak hom staan in die wind

      Jaco, soos wat ek dit verstaan ipv. dat jy net*een pen sou gebruik het is daar twee penne wat die stress vat. Jy trek nog die tent se tou vas soos altyd maar ipv. dat die tenttou aan die pen sou vaskom, beweeg die tenttou (enige kant toe)*aan die 40cm tou wat se punte weer*dan geanker is aan hul onderskeidelike penne. Soos wat een pen op en af beweeg gaan die (se maar) balans oor op die ander pen ook, en dit is nie net een pen wat die stress hanteer wat dan later uit die grond ruk nie.As ek dit reg verstaan klink dit logies en sal dit*probeer wanneer ons kus toe gaan.RynoO ja, die tou aan die tentpaal wat van bo af*direk langs die paal onder geanker word, doen ek dit net met my middelpale en dit werk goed.
      Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie


      http://www.wegsleep.co.za/userfiles/...G_0671(51).jpg

      Comment


      • #4
        RE: Vir die rekenaar gestremdes

        Dis vir die ure-lange schlepp waarvoor ek opsien, om jou rekenaar weer gelaai te kry met als wat jy het, en om als te kry om reg te werk. Ek het so jaar of wat gelede belê in 'n draagbare hardeskyf. Al my fotos, videos en musiek is soontoe opgeback, behalwe miskien die heel laaste paar fotos wat ek nognie oorgedra het nie.*Ek sou nie veel inligting verloor het nie.*Ek is egter nie meer so dapper (lees dom/stupid) soos in my jong dae nie. Toe het ek sommer vir die aand se entertainment my rekenaar ge "re-format" en hier verander en daar verstel. Maar deesdae vind ek dat enige verandering 'n moerse uitdaging begin raak! (En MOENIE sê ek raak oud nie! Julle lieg!)
        Geseënd van kamp tot kamp,


        Teunsie

        Comment


        • #5
          RE: 4de Gauteng Saamtrek (2) Bosfontein

          Arrie, dis 'n laat stadium, maar watter size broodpanne vat die varkie? Of is daar 'n pan saam met die varkie? En kom daar instruksies saam met die ding oor hoe om hom te "charge" lat die brood nie 'n brand-offer raak nie?O ja, is dit 'n speenvark of is hy bietjie meer volwasse? En kom hulle met reeksnommers? Sien, as ek eendag oud is, en ek vertel vir my agter-agter kleinkinders lat hierdie varkie-oondjie was nommer 28 wat oom Arrie van Bethlehem gemaak het voordat hy beroemd geraak het en 'n groot fabriek opgesit het om duisende varkie-oondjies te maak, dan sal die*kleintjies darem dink hulle oupagrootjie is ook amper grênd, want hy het 'n OORSPRONKLIKE*Arrie-varkie!(Jislaaik, ek het vir lunch net 2 glase wyn gehad, en kyk hoeveel strooi*praat ek nou!)*
          Geseënd van kamp tot kamp,


          Teunsie

          Comment


          • #6
            RE: Maak hom staan in die wind

            Ja Ryno, jy verstaan hom reg.* Hier is 'n tekening:
            Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

            Comment


            • #7
              RE: Maak hom staan in die wind

              Dankie Jaco, so leer ons almal. Niemand van ons is te oud om raad te ervaar en*te leer nie.Ryno
              Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie


              http://www.wegsleep.co.za/userfiles/...G_0671(51).jpg

              Comment


              • #8
                RE: Maak hom staan in die wind

                Dankie Jaco,
                Maar wat ek meer graag wil weet is hoe jy die skets op die forum blaai kry?

                Comment


                • #9
                  RE: 4de Gauteng Saamtrek (2) Bosfontein

                  Huh - huh. Wyn kannie meer "gout" maak in daai heup nie! Maybe roes, maar dis stainless steel sê die manne wat weet! Ek kan nie eens meer in die lughawe rondloop nie, dis net 'n ge-beep oral waar ek gaan!
                  Geseënd van kamp tot kamp,


                  Teunsie

                  Comment


                  • #10
                    RE: Maak hom staan in die wind

                    Om die prentjie op te laai is eintlik nie te moeilik nie.* Gaan na www.photobucket.com, registreer gratis, dan kan jy enige van jou foto's daar aflaai.* Dan gaan jy na jou Wegsleep Kontrolepaneel, en kies om "rich editing" te gebruik.* Met elke ding wat jy daarna wil pos, kry jy 'n paneel bo jou teks, en daar is 'n tekening van 'n fotoraam. Klik daarop, hy sal vra vir 'n "image url".* Om die image url te kry, gaan na www.photobucket.com, log in met jou username en password wat photobucket vir jou gegee het.* Regs kliek dan op die foto wat jy wil wys, en kliek "properties". Hier sal jy die URL sien, wat jy dan plaas in die "image url" blokkie. Tik enige iets in "Alternate Text", en los die res soos dit is.Hoop dit help!

                    Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

                    Comment


                    • #11
                      RE: Maak hom staan in die wind

                      Jaco, soos jy vorentoe sal opmerk gebruik heelwat ouens Photobucket ek inkluis. Ek dink wat Chris bedoel en ek ook, hoe maak jy om die tekening (van jou)*op die rekenaar/laptop te plaas voordat jy dit oorplaas na Photobucket. Maak jy 'tekening op 'n stuk papier en scan dit dan*op die rekenaar in? Help ons bietjie asb.Ryno
                      Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie


                      http://www.wegsleep.co.za/userfiles/...G_0671(51).jpg

                      Comment


                      • #12
                        RE: Maak hom staan in die wind

                        Ryno & TP,
                        Al wat ek van Jaco kan sê: "That one small head, could contain all he knew?"
                        Dankie Jaco

                        Comment


                        • #13
                          RE: Maak hom staan in die wind

                          Sit, jou slim kind!

                          Comment


                          • #14
                            RE: Maak hom staan in die wind

                            Hi Jaco

                            Dankie vir die goeie raad. Sal dit die naweek probeer
                            http://www.wegsleep.co.za/sites/defa...cture-2236.jpg<

                            Comment


                            • #15
                              RE: Maak hom staan in die wind

                              Jaco, Dankie vir die raad.
                              Ek hou van jou slagspreuk.

                              "I think crime pays. The hours are good, you travel a lot."

                              Comment

                              Working...
                              X