In 'n poging om al die probleme wat ons tans op die forum het op te los, gaan die webbouers diit na V-Bulletin (die sagteware waarop dit gebou is) se verstekverstellings verander. Weens diť veranderinge sal die forum anders vertoon en daar mag dalk Engelse instruksies en woorde verskyn, maar ons sal dit mettertyd weer regstel. Ons is egter hoopvol dat die aanpassings die forum weer op koers sal kry.

Announcement

Announcement Module
Collapse
No announcement yet.

Tent Opslaan

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Tent Opslaan

    Ek is baie jammer as daar al wel erens op hierdie laaaaaaaang spinnerakdraad al gepraat is oor hoe om 'n tent op te slaan vir 'n Jurgens voltent.

    Ek het al gesoek maar ek kry niks nie.

    Dis my eerste keer dat ek gaan kamp met 'n karavaan en is net bang as ek by my bestemming arriveer daar nie hulp is nie en dan sit ek met baie onplesierige medestaanplek gebruikers.

    Is daar dalk iemand wat so gaaf is om vir my 'n "link" te gee van 'n webtuiste oor hoe om 'n tent op te slaan vir 'n 1995 Fleetline XL of dalk my 'n pdf. dokument kan email oor hoe om dit te doen. Die rally lyk heel eenvoudig, ek sal deur dit kan baklei, maar die voltent lyk baie meer ingewikkeld en as ek moet baklei met dit sal daar verseker 'n paar druppels bloed van my voorkop drup.
    Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

  • #2
    RE: Lang naweek weer voorspelling

    BAIE welkom hie by WegSleep se Forum Leon, hoe het jy geweet dat die ouens die weer dophou vir die Saamtrek?

    Comment


    • #3
      RE: Tent Opslaan

      More Thomas,

      Ek het 'n 1993 Fleetline XL gehad. Ongelukkig kan ek jou nie help met 'n dokument of so iets nie, maar wel met raad. Dis nie so moeilik soos wat dit lyk nie. Sit eers al die pale van dieselfde lengte bymekaar. Sit nou die die voetstukke bymekaar. Kyk dat al die hoeke daar is - myne het 2 x "3way" (vir die kante) hoeke gehad en 1 x "4 way" (middel).
      Die afdak gedeelte het net 'n middel paal (voetpaal) en 2 kant voete gehad.
      Sal probeer om 'n skets vir jou te doen.
      Nog 'n tip: Slaan eers die raam by die huis op of vra die ou/ handelaar waar jy gekoop het om jou te wys. Sodra dit opgeslaan is, vat 'n hand graveerder en merk die pale. Dit werk baie beter as stickers of verf.
      Nog iets. Sodra jou tent ingeryg is, begin in die middel en werk dan van die kante af. (hoop dit het logies uitgekom??)

      Meeste van die oorde het helpers wat help om tente op te slaan. Maak gerus gebruik van hulle. Hulle weet wat hulle doen!!
      As daar nie helpers is nie, vra maar die mede kampeerders. Ons lyk dalk nie so nie, maar ons is eintlik 'n vriendelike klop ouens

      Laat weet my as jy meer informasie soek.

      Groete

      Johan

      Comment


      • #4
        RE: Tent Opslaan

        Dankie Johan,
        Ek dink ek gaan die raam gou (hoor-hoor) opslaan by die huis en die pale merk.

        Enige hulp is nogsteeds welkom
        Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

        Comment


        • #5
          RE: Tent Opslaan

          Thomas, waar gaan julle kamp. Wie weet dalk is daar nog mede forumiete wat jou kan hand gee.
          Kampgroete

          Gert



          Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

          Comment


          • #6
            RE: Tent Opslaan

            Gert,

            Te danke aan jou! het ek plek gekry by Bosfontein die lang naweek. Ek dink as ek baie sukkel sal ek by Tentpen (Abie) gaan vra om my te help.
            Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

            Comment


            • #7
              RE: Tent Opslaan

              Thomas dan het jy mos nie probleme nie. Daar sal genoeg mense wees wat jou kan raad gee.
              Kampgroete

              Gert



              Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

              Comment


              • #8
                RE: Tent Opslaan

                Bosfontein (Bukkes-hulle) verskaf ook hulp om op te slaan, so jy sal verseker nie sukkel daar nie.Geniet die kamp !
                Voormalig johannvs

                Comment


                • #9
                  RE: Tent Opslaan

                  Thomas, Ons is ook die naweek by Bosfontein.

                  Kom skree maar laat ons jou gou help.
                  ---------------------------------------------------------

                  Groete

                  Romeo Pretorius

                  WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA

                  Comment


                  • #10
                    RE: Tent Opslaan

                    Dankie Romeo ek sal so maak, maar ek voel baie meer gerus na al die raad wat ek gekry het.
                    Ek staan op 1 van Deon hulle se nuwe staanplekke waar staan julle en wanneer ry julle?
                    Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

                    Comment

                    Working...
                    X