In 'n poging om al die probleme wat ons tans op die forum het op te los, gaan die webbouers diit na V-Bulletin (die sagteware waarop dit gebou is) se verstekverstellings verander. Weens diť veranderinge sal die forum anders vertoon en daar mag dalk Engelse instruksies en woorde verskyn, maar ons sal dit mettertyd weer regstel. Ons is egter hoopvol dat die aanpassings die forum weer op koers sal kry.

Announcement

Announcement Module
Collapse
No announcement yet.

Korting vir pensioenaris-paartjies

Page Title Module
Move Remove Collapse
X
Conversation Detail Module
Collapse
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Korting vir pensioenaris-paartjies

    Ek verstaan dat oord-eienaars hulle prys per staanplek vra, of jy vingeralleen kamp en of jy met jou vrou en jou spannetjie van vier daar afpak, miskien nog 'n brak en 'n papagaai ook. Dit maak my suur dat staanplekke ses mense akkomodeer vir dieselfde prys as wat ek en wyfie moet betaal. Hulle kan dit binne seisoen so doen want dan is dit oestyd vir hulle maar buite seisoen kan hulle 'n basiese prys per staanplek hef plus 'n heffing per persoon, max ses. Dit kan binne seisoen ook so werk, ek dink baie werk reeds op die wyse.
    Baie van ons armgatslepers kamp buite seisoen want ons kinders is grootgemaak en uit die huis...(dis waarom ons op ons oudag armgatte is!), so ons het ons duur kampe betaal. Elkeen kry sy beurt en dis nou tyd dat pensioenarisse voordeel kry!
    Wat sÍ jy, mede armgat......of val jy in 'n ander KATAGORIE?

    Johann
    sigpic
    Volkome Sleepgenot

  • #2
    Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

    Johann, ja nee ek is maar ook 'n mede armgat, maar het geen probleem met die kamp plekke waar ons tot dusver gestaan het nie.

    Nog altyd [buite seisoen] pensionaris afslag gekry en by meeste plekke nog 'n afslag as ons 'n maand of langer staan, ja sou my kinders kom kuier en hulle staan saam op ons staanplek moet ons normale tarief vir hulle betaal vir daai tyd. Ek het geen probleem daarmee nie, die oord eienaar is immers nie 'n liefdadigheids organiesasie nie?
    sigpic

    Altyd tuis sonder 'n huis
    Arie

    Comment


    • #3
      Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

      Originally posted by Arie View Post
      Johann, ja nee ek is maar ook 'n mede armgat, maar het geen probleem met die kamp plekke waar ons tot dusver gestaan het nie.

      Nog altyd [buite seisoen] pensionaris afslag gekry en by meeste plekke nog 'n afslag as ons 'n maand of langer staan, ja sou my kinders kom kuier en hulle staan saam op ons staanplek moet ons normale tarief vir hulle betaal vir daai tyd. Ek het geen probleem daarmee nie, die oord eienaar is immers nie 'n liefdadigheids organiesasie nie?
      Arie
      Ek stem volkome saam. Dis die man se besigheid, sy brood en botter maar daar is van hulle wat kaas en konfyt ook opsit.Al wat ek vra is "HAVE A HEART, MAN!" , ons is net twee persone.....'ek wil nie verniet bly nie maar 'n mens kan seker onderhandel. Dan bygesÍ, ek betaal met graagte vir eigiets van kwaliteit, of waarde vir geld.

      Cheers
      Johann
      sigpic
      Volkome Sleepgenot

      Comment


      • #4
        Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

        Kan werk, maar ons kamp net naweke as ma af is want sy werk nog. Middelweek sal vir ons werk as sy klaargemaak het.
        Groete.
        HPJV RENSBURG

        Comment


        • #5
          Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

          Originally posted by Hennievr View Post
          Kan werk, maar ons kamp net naweke as ma af is want sy werk nog. Middelweek sal vir ons werk as sy klaargemaak het.
          Groete.
          Oom Hennie.............????? Is Oom nie op die verkeerde draad nie? Vra ek beskeie...
          sigpic
          Volkome Sleepgenot

          Comment


          • #6
            Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

            Hierdie is al jare 'n probleem en ek dink nie dit sal ooit opgelos word nie.

            Of jy nou 2 of 6 is, jy neem 'n hele staanplek op. As jy jou yskas of aircon aansit vat dit net soveel krag of jy nou twee of ses is. So wat kos die ekstra mense nou regtig die oord? Die bietjie ekstra water en geyser wat bietjie meer werk? Is dit regtig so noemenswaardige verskil in onkoste voir die oord of daar nou 2 of 6 is? Kom ons maak dit minder, wat is die verskil in onkoste tussen 2 pesioenarisse en 2 mense met twee kinders?

            As jy oor die algemeen kyk, sommer op die forum, lyk dit of die mense wat twee twee kamp in elk geval meer gadgets het wat krag trek.

            Aan die ander kant is daar weer oorde wat 'n stewige prys vra vir staanplek vir 6, en dan dink ek soms dit is bietjie rof vir net twee mense.

            Maar oorde wat kleiner prys vra per staanplek en dan ekstra persoon of dalk hierdie wat se R180 vir twee plus R70 vir elke ekstra persoon vra. is dikwels weer overpriced vir die groter gesinne.

            So dit is 'n fyn lyn en gaan nie sommer opgelos word nie. Gelukkig is daar baie keuses. As jy voel 'n oord vra te veel vir net twee mense, moenie daar gaan kamp nie. Net so gaan groot gesinne weer nie by plekke kamp waar dit goedkoop vir twee mense is en duur is vir 6.

            Almal kan nie alles na hulle sin kry nie. Want jou omstandighede verskil van die volgende ou.

            Comment


            • #7
              Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

              Die Sanparke se stelsel werk nogal lekker. Hoogseisoen een tarief vir almal. Laag seisoen min 40% vir pensionarisse, Sondag tot Vrydag.

              Comment


              • #8
                Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                Johnny nee ek is op die regte draad, Se maar net want oor naweke betaal ons die volle tarief. Daar is wel oorde wat midweek minder vra en ook afslag vir pensioenarisse gee, vra net en sommiges vra id om seker te maak jy is 65 of oor.
                Groete
                HPJV RENSBURG

                Comment


                • #9
                  Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                  Originally posted by Hennievr View Post
                  Johnny nee ek is op die regte draad, Se maar net want oor naweke betaal ons die volle tarief. Daar is wel oorde wat midweek minder vra en ook afslag vir pensioenarisse gee, vra net en sommiges vra id om seker te maak jy is 65 of oor.
                  Groete
                  Dankie , ek verstaan Oom Hennie!
                  sigpic
                  Volkome Sleepgenot

                  Comment


                  • #10
                    Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                    Ja, dis 'n netelige ou sakie, die oorde gee die laer tarief weeksdae sodat hulle nie leeg staan nie want daar is nog steeds lopende koste en dis 'n manier om ekstra inkomste te genereer, ek waardeer ook die laer tarief, maar uit 'n ander oogpunt gesien: jy kom staan teen die afslagtarief, dan gebruik jy 'n 2 plaat elektriese stoof, (sommige met 'n oond ! ), jou elektriese ysmaker(wat heeldag werk), Die mikrogolf, Jou lugversorger wat heeldag onnodig loop terwyl jy rondry, 'n klomp ligte wat saans aan is terwyl jy slaap. In hierdie geval wil ek ook noem: "Have a heart". Jy weet hoe duur is die krag wat jy gebruik maar jy kla oor tariewe!! Ek self gebruik die krag net vir die elektriese yskas en die koffie ketel, my gasstoof en gaslamp doen die res, ys koop ek by hulle winkel en die res bly by die huis. Jy moet bereid wees om te betaal vir wat jy kry.
                    Ag askies as ek tog nou 'n toon raakgetrap het maar wees tog redelik, as die oorde nie winsgewend kan wees nie het ons naderhand nie meer 'n karavaan nodig nie!! En dit gaan foeter want ek sleep al 34 jaar, hoe gaan ek nou in 'n chalet of rondawel aanpas teen drie of vier maal die prys? Ek het al gekamp vir R1450.00 per maand dis goedkoper as om tuis te bly: hier by die huis is net my munisipale rek. R3000.00 per maand!!
                    Aaaag vrinne, kom ons ou mensies kamp lekker so lank as moontlik en gun die son skyn oor die oord eienaars ook.

                    Comment


                    • #11
                      Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                      Hierdie gesprek duik oral op - ons oues van dae is gelukkig met ons maandtarief en die jonges moan. Onthou net ons was ook jonk en kon ook net ook skoolvakansies en naweke kamp.

                      Ek was nou net by twee kampe wat egter aandag aan die saak gee. Hulle vermeerder nie hulle tariewe vir 2013 nie, maar installeer kragmeters by elke staanplek. Jy neem die lesing by aankoms saam met die oordbestuurder en weer as jy vertrek. Jy betaal dan net vir die krag wat jy gebruik. Ons armgatte betaal dus baie min, en jy MENEER met al die luukses wat so dag en nag loop, betaal.

                      Dit is sekerlik 'n nuwe idee hier by ons, maar in Europa doen hulle al lankal so. Daar koop jy egter meestal 'n "token of bon" wat jy in die meter druk. Koop jy te min, sit jy in die donker, koop jy te veel is die ou na jou in die "pound seats". Die stelsel werk ook met warm water in die ablusies van baie kampe. Daar is geen krane nie - jy druk jou token in en kry so 'n louwarm stroompie vir ongeveer twee minute. In Holland moes ons selfs by sommige kampe betaal om water in die campervan te tap.

                      Flip

                      Comment


                      • #12
                        Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                        Ja dit s seker moeilik om 'n stelsel uit te werk wat vir almal se behoeftes werk. Maar dit moet 'n wen-wen situasie wees. Ek is regtig teen die stelsel van 'n tarief vir 6 per staanplek, want wat met ons gebeur is die volgende. Ons is 2 pare wat normaalweg saamkamp, boswa en karavaan. Dit het nou al by verskeie kampterreine gebeur dat ons meegedeel is dat ons nie met 2 karavane op 1 staanplek mag staan nie, al is die kampplek groot genoeg, dan moet ons vir 2 plekke betaal wat daarop neerkom dat ons vir 12 mense betaal. Watse ekstra koste het hy as ons 2 op 1 staanplek staan, onthou hy se 6 persone maks. per staanplek en ons kamp gewoonlik net buite seisoen wanneer daar gewoonlik baie oop plekke is.

                        Ek is 'n voorstander vir 'n tarief vir 2 en daarna bykommend vir elke kind of volwasse. Volgens my is die grootste uitgawes nie die grond nie maar die water, toiletpapier, slytasie en krag ens. wat gebruik word. Hoekom moet 2 persone dieselfde betaal as 6. Die uitgawes per 6 is verseker meer as 2, baie meer krag word gebruik bv. slegs vir kos en koffie maak en warm water.

                        Dit is seker maklik om te se gaan kamp elders maar somtyds is dit die einste kampterrein. So die wet van Transvaal geld, hou jou bek en betaal.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                          Wonder wat sal gebeur as ek 'n karavaan agter "froggy" haak. Sal hulle "froggy" sien as 'n karavaan of 'n sleep voertuig. Daar is baie mense wat met kombi's sleep en baie kere slaap daar kinders in die kombi. Wonder maar net, sal seker nooit so iets doen nie. Dit is dalk net 'n tegniese punt. Ek het al 'n probleem gehad dat hulle ekstra geld wou he vir my Atos motortjie, wat ek dan geweier het om te betaal.


                          Froggy ons bussie. Harry (WP) & Yvonne (BUL)
                          De BOSS ain't always right .... but he's always De BOSS !

                          Comment


                          • #14
                            Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                            Harry ons het al 'n paar keer 'n campervan teegekom wat 'n klein karavaan sleep. Hulle kamp so in Scottburgh en het dan blyplek as die kinders kom kuier. Hulle betaal net ekstra wanneer die kinders daar kuier.

                            Flip

                            Comment


                            • #15
                              Re: Korting vir pensioenaris-paartjies

                              Gaan Frydag pension kyk nog rond

                              Comment

                              Working...
                              X